Earlier this week Dianty’s family shared this update:
Hello julle
Dr was by Dianty gewees.
Behalwe vir haar magie doen ons meisie goed. Haar gemoed is bitter goed vandag. En sy speel en gesels meer. Dianty se bloedtellings is laag. Maar hulle gaan steeds voort gaan met chemo.
Haar platelets is ook laag, so sy kry platelets vandag.
En dan….. Dianty se bloedtoetse wys…
*NO* *BLAST* *CELLS* *OBSERVED*
As enige een al ooit in die wonders van God getwyfel het is Dianty jou bewys dat daar ‘n God is. En dat Hy na Sy kinders kyk. Al voel dit nie elke dag so nie. Sys bewyse dat as een of meer bymekaar kom in gebed dat God teenwoordig is.
Ons harte is dankbaar
Dit is net die wat na haar bloed toe versprei het. Dit is nie die beenmurg se telling nie. Maar… Met sulke goeie vordering het ons geen twyfel in God se genade nie. Ons weet God sal ons meisie genees. Met gebed en saam die instrumente wat in Sy hande is. Dankie vir julle elkeen se geloof. Elkeen se knieg wat buig. Al julle omgee. Julle maak ‘n verskil. Ons waardeer julle.”
Please continue to keep this brave warrior in your prayers




